RISE Mzansi sluit ook aan by nuwe SA regering

RISE Mzansi het die verklaring van voorneme van die regering van nasionale eenheid onderteken. Dit volg op samesprekings na die verkiesing waar geen party ‘n volstrekte meerderheid behaal het nie. RISE Mzansi onderneem om met die nuwe regering saam te werk en deel te wees van ‘n nasionale dialoog oor die land se dwingende behoeftes. Die partyleier Songezo Zibi wil kiesers se stemme laat hoor en hulle verkiesingsbeloftes nakom.