RISE Mzansi ‘sal ANC-DA-koalisie in Gauteng aanspreeklik hou’
RISE Mzansi in Gauteng het onderneem om die provinsie se nuwe ANC-DA-koalisieregering, en die premier Panyaza Lesufi en sy koalisievennote, aanspreeklik te hou. Mabine Seabe van RISE Mzansi sê die party gaan toesien dat Gauteng ‘n grondwetlike, demokratiese regering het met maatskaplike stabiliteit. Hy voeg by Lesufi moet vinnig optree en sy uitvoerende raad aanstel sodat daar duidelike lyne vir politieke aanspreeklikheid is.