Rise Mzansi kritiseer Afrika-vredesending
Rise Mzansi het President Cyril Ramaphosa se onlangse Afrika-vredesending na Rusland en Oekraïne gekritiseer en sê dit ontbreek deursigtigheid en aanspreeklikheid. Die party sê hy steun opregte diplomatieke pogings, maar kritiseer die regering vir die gebruik van staatshulpbronne om sy beeld ‘n hupstoot te gee terwyl hy diplomatieke respek en openbare steun verloor. Rise Mzansi se woordvoerder, Tebogo Moalusi, sê die afwesigheid van amptelike terugvoering oor die sending se uitkoms is kommerwekkend.