Rise Mzansi eis ondersoek na twee vroue vir varke gevoer is
Rise Mzansi vra ‘n deeglike ondersoek na die mishandeling van plaaswerkers in Limpopo na die wrede moord op Mariah Makgato en Lucia Ndlovu, na bewering deur die varkplaaseienaar Zachariah Olivier en sy medepligtiges. Die vroue, wat kos waarvan die datum verval het, op die plaas wou kry, is na bewering vermoor en vir die varke gevoer. Die woordvoerder van Rise Mzansi, Gugu Ndima, eis geregtigheid en moedig die departemente van Indiensneming en Arbeid, asook Landbou aan, om die omstandighede op die plaas en ander plase in die omgewing te ondersoek.