RISE is gereed vir verkiesing

RISE Mzansi sê hy het met trots en sukses 112 018 handtekeninge op die Verkiesingskommissie se portaal gelaai. Dit is genoeg om te verseker die party kan in al nege provinsies sowel as nasionaal aan die verkiesing deelneem. RISE Mansi se woordvoerder, Boitumelo Mpakanyane, sê ondanks die politieke bestel wat talle struikelblokke meebring vir onverteenwoordigde politieke partye, het die party vandag bevestig hy is gereed om elke moontlike setel op 29 Mei te betwis: