RISE eis werksgeleenthede vir mense ouer as 35

Die nasionale leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, lei vandag ‘n betoging vir werk en geleenthede vir mense ouer as 35, by die Departement van Arbeid en Indiensneming in Pretoria. Die woordvoerder van RISE Mzansi, Mabine Seabe, sê die party is tydens sy gesprekke met gemeenskappe gevra om hom te beywer vir die lot van mense bo 35, wat verhinder word om vir werk en geleenthede aansoek te doen op grond van ‘n arbitrêre ouderdomsbeperking, wat gemeenskappe regoor die land as ouderdomdiskriminasie beskou: