Riruako kanselleer gedenk- en groepsgeleenthede as gevolg van verdeeldheid
Dr. Hoze Riruako, wat aanspraak maak op die posisie van die opperhoof van die Ovaherero het gekonsulteer met senior leiers van die tradisionele owerheid. Hy sê die verdeling in die volk verdiep en dus, kanselleer hy alle gedenk- en groepsgeleenthede ten opsigte van die Ovaherero-gemeenskap. Hy het die redes vir sy besluit so aan Kosmos 94.1 Nuus uiteengesit.