Richtie wil geskiedenis maak

Die Suid-Afrikaner JC Ritchie kan outomaties na die DP-wêreldtoernooi vorder as hy hierdie week se Mangaung Ope wen, wat vandag in Bloemfontein begin. Hy wil ook die eerste speler in die geskiedenis word wat drie agtereenvolgende geleenthede in die Europese Uitdaagtoernooi buit. Die 28-jarige speler het agtereenvolgende titels verower toe hy die Bain’s Whisky Kaapstad Ope en verlede week se Jonsson Workwear Ope gewen het. Ritchie sê hierdie Uitdaagtoer-geleenthede in die Sonskyntoernooi verander spelers se lewens: