Richelieu Eagles eindig onoorwonneNovember 30, 2023

Namibië se Richelieu Eagles het die laaste wedstryd van die T20 Afrika-kwalifiserende reeks vir die IKR T20 Wêreldbeker-toernooi met gemak gewen. Die Eagles het Nigerië oorrompel en met 8 paaltjies in net 13,2 boulbeurte skoonskip gemaak met ‘n telling van 96 vir twee. Nigerië is uitgeboul vir 93. Die speler van die wedstryd was Gerhard Erasmus, wat 48 nie-uit-nie in 40 balle aangeteken het. In die twee voorafgaande wedstryde het Zimbabwe met 217 vir vier vir Kenia met 110 lopies geklop, en Uganda met 66 vir 1 in net 8,1 boulbeurte het Rwanda met 9 paaltjies afgeransel. Namibië en Uganda het vir die T20 Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer.