RG Snyman draf teen die Leeus uit

Die tweemalige Wêreldbeker-wenner, Springbok-voorspeler RG Snyman, is in die 23-tal van Leinster teen die Leeus ingesluit wanneer die twee boonste spanne op die punteleer vanaand in Dublin kragte meet in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Leeus en Leinster is albei hierdie seisoen onoorwonne. Die afrigter van die Ierse span, Leo Cullen, het tien veranderings aangebring vir die kragmeting. Een van die veranderings, Robbie Henshaw, maak sy debuut hierdie seisoen nadat hy van ʼn besering herstel het.