RFA se bepalings aangepas en aanvaar

Finansminister Iipumbu Shiimi het die Padowerheidsfonds-wetgewing in die Nasionale Vergadering gelees. Na die tweede lesing is die wetgewing deur die parlement aanvaar. Shiimi het ‘n paar aanpassings aangekondig, wat insluit dat sekere skuld afgeskryf sal word. Die Nasionale Vergadering het verdaag en sal weer op 5 Augustus hervat.