Reuse-verliese met verbod op vrag by HKIA

Qatar Airways, Eurowings Discover en Ethiopian Airways, asook die Suid-Afrikaanse algemene vragverkoops-agentskap en bestuursdiensverskaffer ATC Aviation het almal vrag-bedrywighede na en van Hosea Kutako Internasionale Lughawe opgeskort. Daar word berig dat Paragon Aviation nie beskik aan die sertifisering om vrag te hanteer nie en die stap was blykbaar nodig na die uitsetting van die lugvaartdienste-maatskappy Menzies Aviation. Die Namibiese Logistieke-vereniging eis ook antwoorde van burgerlike lugvaart. Kosmos 94.1 Nuus het met Fritz Kaufmann, bestuurder van sake-ontwikkeling by Transworld Cargo, gesels, wat die implikasies van die embargo deel.

Die lugvaartkenner van Suid-Afrika dr. Guy Leitch sê die situasie is betreurenswaardig en laat baie vrae ontstaan.