Reuse-Vaaldam se vlak daal met 15% in 11 weke

Die Vaaldam se watervlak het in 11 weke met 15,5-persentasiepunte gedaal en staan nou op 30,8-persent. Volgens die waterkenner, Carin Bosman, is die daling binne die normale grense wat verwag word weens die lae reënval, verdamping en verbruik. Die huidige vlakke is nie kommerwekkend nie, maar Bosman waarsku probleme kan ontstaan indien Desember se reënval laat is. The Citizen berig water sal uit die Sterkfonteindam gebruik word as die vlak tot 18-persent daal. Inwoners word aangeraai om water te spaar.