Reuse-uitgawes met New York-besoek… is daar ‘n opbrengs?

President Hage Geingob en sy afvaardiging is in New York vir die VN se 78ste Algemene Vergadering. Die afvaardiging bestaan uit kabinetsministers en senior regeringsamptenare van verskeie ministeries, wat aan ‘n aantal hoëvlak-vergaderings op die kantlyn van die debatte sal deelneem. Daar is geen amptelike aankondiging van hoe groot sy afvaardiging is nie en ook nie wie by hom aangesluit het nie maar, die besoek sluit op 25 September af. Kosmos 94.1 Nuus het vir Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gevra oor die betekenisvolheid van hierdie reis.