Reuse-uitdagings vir landbou, boere moet fyn beplan

Namibiese landbou staar groot uitdagings in die gesig. ‘n El Niño-waarskuwing is vir suidelike Afrika uitgereik deur die Vroeë Hongersnood Waarskuwingstelsels Netwerk, en Namibië is geïdentifiseer as een van 34 prioriteitslande wat ondersteuning benodig om die impak van die weerverskynsel te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se Adviesdienste, gesels oor wat dit vir Namibië sal beteken, veral omdat die noordelike streke reeds onder droogte gebuk gaan en oeste na verwagting klein sal wees. Hy sê voerpryse sal styg en beespryse sal daal.

Op die vraag hoe boere die kwessie kan hanteer, het hy so geantwoord.