Reuse-uitdagings in Omaheke – armoede, voedsel en werkloosheid

Verspreiding van voedseltoelaes ter waarde 300 000 Namibiese dollar aan huishoudings in die Omaheke-streek tydens hierdie week se Wêreldvoedseldag-herdenking het die kwesbaarheid van die inwoners onderstreep. Plaaslike berigte lui dat een huishouding 30 lede het met 16 kinders onder die ouderdom van vyf. Die gesin het pogings aangewend om hulself te onderhou deur ‘n klein tuin te verbou, maar hul watertoevoer – afkomstig van ‘n klein tenk – bied uitdagings vir so ‘n groot groep. Gobabis-raadslid Augustinus Tebele het opgemerk dat pogings deur sy kantoor aangewend is om werk te kry vir die jonger lede van die huishoudings maar was onsuksesvol omdat die jongmans nie die nodige dokumentasie kon voorsien nie.