Reuse-sukses in Tshwane met misdaadbekamping

Die Tshwane-metropolisiedepartment sê hy sal voortgaan met sy misdaadoperasies reg oor die stad, veral in aanloop tot die feestyd. Die afgelope week het sewe misdaadoperasies gelei tot die inhegtenisneming van 983 verdagtes wat vir verskeie misdade gesoek is. Dit sluit in, dronkbestuur, dwelmbesit en -handel, besit van onwettige vuurwapens en onwettige immigrante. ʼn Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 54 arrestasies hou verband met geslagsgeweld: