Reuse-storm laat honderde-duisende Kanadese sonder krag

Honderde-duisende huise in die ooste van Kanada is steeds sonder krag, twee dae na ‘n ysstorm waarin twee mense dood is. Dit het wydverspreide skade aan eiendom aangerig, veral in Montreal. Die storm het Quebec en Ontario, Kanada se digs-bevolkte provinsies, getref. Die kragverskaffer Hydro-Quebec sê kragvoorsiening is herstel na net meer as ‘n derde van die mense wat geraak is deur onderbrekings. Daar word berig die kragonderbreking is die grootste in Quebec van ‘n ysstorm in 1998 af, wat die provinsie weke lank in chaos gehad het.