Reuse-salarisstaat van onderwys onder die loep

Plaaslike berigte lui dat die onderwysministerie 14 miljard Namibiese dollar van sy totale begroting van 18,4 miljard dollar aan lone sal bestee. Die ministerie het amper 22 persent van die nasionale begroting ontvang. Volgens die uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp is die 5 persent verhoging van staatsamptenare ‘n bydraende faktor tot die bedrag van 14 miljard dollar. Sy sê ‘n totaal van 844 miljoen dollar sal bestee word net op die verhoging en ‘n ooreenkoms met die lyn-vakbonde oor diensvoorwaardes. Ongeveer 40 000 mense werk vir die onderwysministerie.