Reuse-reël 108 bedrae geëis 

Regters Collins Parker en Herman Oosthuizen het vanoggend 102 aansoeke in die mosiehof hanteer. Die reël 108-rol het 12 aansoeke gehad ter waarde van ‘n reuse 29 miljoen Namibiese dollar wat deur kommersiële banke geëis is en in totaal het banke 38 eiendomme met skuld van 57 miljoen dollar op al drie rolle teruggevra. Daar was ook 29 lenings met ‘n totale uitstaande balans van 7,9 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. Twee voertuie moet terugbesorg word. Regter Kobus Miller hanteer 48 onverdedigde egskeidings in Maandag se sessie.