Reuse-meer belemmer Noordelike boere

Die boere in die noordelike gebied van Oshikoto gebruik tans kano’s of bote om oor die Omadhiya-meer te vaar ná die efundja. Dit is sowat ‘n kilometer lank en meer as drie meter diep. Die uitdagings wat boere ervaar is wanneer hul vee aan die oorkant van die rivier is en die boere nie hul beeste daar kan bereik nie. Die rivier sal na raming tot volgende jaar loop en nóg ‘n probleem is dat die boere nie sal kan oes nie. Die kommunale boer Ileni Nandjato het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.