Reuse-lugvaart konferensie kom in Junie

Organiseerders van die AviaDev Africa-konferensie, wat in Junie vanjaar in Windhoek gehou word, sê dat 35 lugrederye reeds geregistreer het om deel te neem. Die Namibiese Lughawensmaatskappy gaan die jaarlikse forum aanbied. Dit bied ‘n platform vir lugvaartkundiges, beleidmakers en bedryfsleiers om oplossings te bespreek en te ontwikkel vir die uitdagings wat die Afrika-lugvaartbedryf in die gesig staar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dan Kamati, die maatskappy se woordvoerder, wat meer inligting deel.