Reuse-druk op gesondheid, net 18% het mediese hulpplan

Plaaslike media berig dat slegs 450 000 van Namibië se geskatte bevolking van 2,5 miljoen mense is lede van mediese fondse en van die syfer, is ongeveer 210 000 by privaat mediese fondse met die res op Psemas van die regering. Dit laat ongeveer 82 persent van Namibiërs sonder enige mediese dekking en dus uitgelewer aan die openbare mediese diens. Daar was volgens die Wêreldbank, een dokter vir 2 000 mense in die land waarvan die groter meerderheid in die Khomas-streek is. Die staat se mediese sorg het ook sy eie uitdagings met ‘n tekort aan infrastruktuur en medisyne en bied ook gratis mediese sorg aan Angolese burgers. Volgens Namfisa het lede van privaat mediese fondse 1,2 miljard Namibiese dollar in die vierde kwartaal van verlede jaar bygedra terwyl Psemas-lede 2,7 miljard dollar bygedra het.