Reuse-boksgevegte loop op nul uit

Die groot opgewondenheid oor die MTC Salute Boksakademie se groot geleentheid by die Mercure Hotel in die hoofstad het op nul uitgeloop. In die hoofgeveg, tussen Harry Simon Jr wat Abed Shikongo aangevat vir sy titel as Pan-Afrika weltergewig kampioen, het die twee boksers gelykop geëindig en Shikongo behou sy titel. Die nie-titel geveg tussen Harry Simon Sr en Paulus Ninja Shimweefeleni wat groot aandag getrek het, het ook gelykop geëindig. Die berugte aktivis Michael Amushelelo was ook daar en is na ‘n onbekende onderonsie deur die polisie verwyder.