Restourasiewerk van Kaapse parlement sloer weens polisieondersoek na brand

Die buurland se speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die vertraging met die herbouing van die parlement is te wyte aan die feit dat die polisie die brandskade aan die geboue as ‘n misdaad hanteer. Sy het ook aan ‘n parlementêre komitee gesê die twee miljard Suid-Afrikaanse rand begroting vir die werk is eers in November toegeken. Die voorverhoorverrigtinge van die man wat van die brand in Januarie 2022 aangekla is, Zandile Mafe, word op 17 Maart voortgesit. Die oorhandiging van die restourasieprojek aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsbank is vir Maandag geskeduleer.