Respiratoriese virus nog nie in Namibië

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland het ‘n waarskuwing aan gesondheidswerkers en hospitale uitgereik om voor te berei vir ‘n toename in pediatriese opnames. Dit volg te midde van ‘n skerp styging in die opsporingsyfer van respiratoriese sinsitiale virus. RSV is hoogs aansteeklik en is die algemeenste oorsaak van brongitis en laer lugweg-infeksie in jong kinders. Die instituut het bevind die RSV-opsporingsyfer is tans op ‘n matige vlak, maar dit styg skerp in kinders onder vyf.  Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die virus nog nie plaaslik waargeneem is nie.