Republikeinse konvensie: Geen rede om sekerheidsplanne aan te pas nie
Die sekerheidsplanne vir die Amerikaanse Republikeinse Party se nasionale konvensie wat vandag in Milwaukee afskop, is onveranderd ondanks die sluipmoordpoging op Donald Trump op ‘n veldtogsaamtrek in Pennsilvanië. Sowat 50 000 mense sal na verwagting die vierdaagse konvensie bywoon waar Trump formeel as die Republikeinse presidentskandidaat vir November se verkiesing benoem sal word. Die konvensie se koördineerder van die Geheimediens, Audrey Gibson-Cicchino, sê hulle het volle vertroue in die sekerheidsplanne wat beraam is: