Republikeine looi Biden se staatsrede
Die Amerikaanse Republikeinse Party het president Joe Biden se beleid oor immigrasie, die ekonomie, misdaad en buitelandse sake gekritiseer. Die president het die staatsrede gelewer waarin hy ‘n dwarsklap vir sy voorganger, Donald Trump, uitgedeel en ook oor immigrasie, aborsie, die ekonomie en die konflik tussen Israel en Hamas gepraat het. Senator Katie Brett van Alabama het die Republikeine se reaksie op die staatsrede gelei en gesê Biden is ‘n politikus wat uit voeling is en weet min van wat die middelklas deurmaak: