Republic sê Metro-polisie sou hulle in elkgeval gearresteer het
Graham Smith se uitvoerende hoof van die anti-monargiegroep Republic is oor die kroningsnaweek in hegtenis geneem, nog voor betogings op koning Charles se kroningsdag kon plaasvind. Hy sê sy beweging het niks verkeerd gedoen nie en stel voor dat die polisie ‘n voorbedagte besluit geneem het om hulle in hegtenis te neem veral omdat hulle reeds vier maande met die polisie oor die protes vergader het.