Repokoers sal nie vinnig daal nie – SARB

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag nie die terugkoopkoers sal binnekort verlaag word nie. Lesetja Kganyago sê die bank sal volhou met sy streng monetêre beleid in ʼn poging om volgehoue inflasie te laat daal. Die monetêre beleidskomitee het die terugkoopkoers op sy 10 vorige vergaderings met altesaam 475 basispunte verhoog in ʼn poging om die inflasiekoers te verlaag. Kganyago sê inflasie, wat tans 6,3 persent in die buurland is, is meer hardnekkig as wat verwag is en reeds langer as ʼn jaar bokant die teikenkoers van 3 tot 6 persent.