Repokoers sal later eers daal, inflasie steeds te hoog
Ekonome verwag nou Suid Afrika se rentekoersverlagingsiklus sal in November begin, later as die voorheen verwagte datums van Maart en September, Volgens BusinessTech het volgehoue inflasie die verwagte verlagings teruggeskuif. Dit het in April op 5,2-persent gestaan, bokant die Reserwebankteiken van 4,5-persent. Die eerste rentekoersverlaging word in November verwag en sal waarskynlik 25-basispunte beloop. Die vertraging dui op versigtige ekonomiese strategieë te midde van wêreldwye onsekerheid, wat vererger word deur die onlangse besluit van Amerika se Federale Reserweraad om rentekoerse onveranderd te laat.