Repokoers: Nasionaliseer SARB, eis EFF

Die EFF in die buurland sê hy eis die onmiddellike afhandeling van Julius Malema se voorstel in die Parlement dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank genasionaliseer word. Dit volg na die bank se besluit om die uitleenkoers met 25-basispunte tot 4,25-persent te verhoog. Die EFF-woordvoerder Leigh-Ann Mathys sê die bank se konserwatiewe benadering tot monetêre beleid word bepaal deur uitgediende maniere van ontleding wat die finansiële sektor en wisselkoers bo alles begunstig: