Repokoers moet gesny word vir hupstoot in huismark

Inflasie en repokoerse het ‘n beduidende impak op die huismark. Soos die lewenskoste toeneem weens inflasie, wil dit voorkom asof meer mense verkies om te huur omdat koop te duur is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hillie Valombola, ‘n plaaslike eiendomsagent, wat sê dit is broodnodig dat rentekoerse moet daal om die sektor ‘n hupstoot te gee.