Repokoers: Komitee het ekonomiese herstel in ag geneem

Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee het die repokoers met 50 basispunte opgestoot na 6,75 persent toe, minder as die verwagte 75 basispunte. Die goewerneur van die bank Johannes !Gawaxab sê die komitee het die herstel van die Namibiese ekonomie in ag geneem.