Repokoers: Ekonoom waarsku oor besteding die Kersfees

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die terugkoopkoers met 50 basispunte na 6,75 persent deur die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee opgestoot is. Prima is dus 10,25 persent. Die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê verbruikers moet uiters versigtig wees met besteding die feesseisoen.