Repokoers: Die besluit is nie verrassing nie

Reaksie word ontvang op die Bank van Namibië wat die repokoers vanoggend onveranderd gelaat het op 7,75 persent na die vergadering van die monetêre beleidskomitee wat Dinsdag plaasgevind het. Die goewerneur Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak. Salomo Hei, ekonoom en stigter van High Economic Intelligence het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.