Repatriasie: Tweede een op pad, owerhede moet burgers bystaan

‘n Tweede repatriasie van Namibiërs wat sedert 1904 in Botswana woon word beplan na die eerste groep van 98 die land ingekom het. Die repatriasie is deur die ministeries van landbou en binnelandse sake hanteer. Die groepe is die nageslagte van Namibiërs wat na Botswana gevlug het aan die begin van die volksmoord. Albert Kawana die minister van binnelandse sake het owerhede gemaan om die landsburgers by te staan.