Rentekoerse sal dubbel die van 2000-2019 vertoon

Globale groei word geprojekteer om te stabiliseer op 2,6 persent vanjaar, bestendig vir die eerste keer in drie jaar ondanks geopolitieke spanning en hoë rentekoerse. Dit is volgens die Wêreldbank se jongste verslag oor ekonomiese  vooruitsigte. Die bank sê die groei sal na verwagting tot 2,7 persent styg in 2025 en 2026 te midde van beskeie groei in handel en belegging. Globale inflasie word geprojekteer om af te koel maar stadiger as wat voorheen voorspel is met ‘n gemiddeld van 3,5 persent vanjaar. Gegewe voortgesette inflasionêre druk, sal sentrale banke in beide gevorderde en ontwikkelende ekonomieë versigtig wees om monetêre beleid te versag so rentekoers behoort hoog te bly, na verwagting dubbel die 2000-2019 gemiddeld.