Rentekoers in buurland sal onveranderd bly
Plaaslik het kenners reeds voorspel dat rentekoerse tot die einde van die jaar onveranderd sal bly en in die buurland meen ekonome ook daar is ‘n skraal kans op ‘n rentekoersverlaging wanneer die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader. BusinessTech berig die komitee is bekommerd oor inflasie, veral die verankering van inflasie-verwagtinge. Die ekonoom Annabel Bishop verwag rentekoerse sal onveranderd bly. Sy wys op die uitwerking van strenger krediettoestande in Amerika wat verbruikersvraag onderdruk en gevolglik ook inflasie onder bedwang bring. Die Amerikaanse Federale Reserwe se onlangse besluit om koerse onveranderd te laat, versag mark-spanning. Geo-politieke spanning en plaaslike brandstofprysverhogings kan inflasiesyfers beïnvloed.