Rentekoers: BoN sal nie SA Reserwebank volg

‘n Namibiese ekonoom verwag nie dat die Bank van Namibië in die voetspore sal volg van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat die terugkoopkoers met 50 basispunte verhoog het tot 8,25 persent nie. Dit beteken die prima-uitleenkoers styg tot 11,75-persent. Die sentrale bank het rentekoerse nou die tiende keer in ‘n ry verhoog en altesaam 475 basispunte by die terugkoopkoers gevoeg sedert November 2021. Namibië se repokoers van 7,25 persent is nou 100 basispunte agter die buurland s’n en sal sy rentekoerse op 14 Junie aanpas. ‘n Ekonoom van Simonis Storm Theo Klein het sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.