Renosterstropery neem toe in SA
Die buurland se omgewing-minister, Barbara Creecy, spreek diepe kommer uit oor die oplewing in renosterstropery. Net minder as 500 van hierdie bedreigde diere is verlede jaar gestroop, wat ‘n toename van 11-persent teenoor 2022 is. Creecy sê die stropery word aangedryf deur aanvraag uit Asië, waar horings in tradisionele medisyne gebruik word vir hul veronderstelde terapeutiese uitwerking. Sy sê verskerpte sekerheid het stropers na streek- en privaat reservate laat beweeg.