Renosterstropery: Derde verdagte vasgetrek

Die derde verdagte wat ‘n renosterbul in die ooste van die land gestroop het, is in hegtenis geneem. Een stroper is tydens die voorval deur ‘n lid van die teenstropery-eenheid van Namibia Wildlife Protection doodgeskiet en ‘n 27-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Die derde verdagte het op die vlug geslaan, maar is met behulp van boere in die omgewing ‘n paar plase verder vasgetrek. Die omgewingsministerie het bevestig dit is die eerste renoster wat vanjaar in die land gestroop is. Salmon Vermaak van Namibia Wildlife Protection het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.