Renosterstropers in Mpumalanga is soek
Polisie in Mpumalanga soek na drie verdagtes nadat hulle in Volksrust op die vlug geslaan en hulle voertuig, renosterhoring, ʼn battery, knaldemper, vuurwapen en ammunisie agtergelaat het. Die polisie het die drie tydens ʼn stop- en deursoek-operasie in Mandela-rylaan onderskep. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê die verdagtes se voertuig is tydens die operasie beveel om te stop, maar hulle het weggejaag: