Renosters het nog nie vertrek na Texas nie

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig die renosters het nog nie die land verlaat nie en geen vlugplan is ingedien nie. Die Boeing 747 word deur Network Aviation, gesetel in Perth, vanaf Air Atlanta in Ysland met bemanning gehuur. Dieselfde vliegtuig is deur Network in Desember 2021, gebruik om 30 witrenosters vanaf Suid-Afrika na Rwanda vervoer. Intussen is die vliegtuig steeds op Hosea Kutako waar dit vroeg Maandagoggend geland het. Die ministerie sê aansoek is gedoen vir 42 renosters maar net 40 is gevang. Daar was onlangs ‘n plan in Texas om 1 000 renosters in die deelstaat te hervestig vir ‘n teelprogram maar dit het onder skoot gekom as gevolg van vae vennote wat deur die Eksotiese Dierevereniging nader geroep is, insluitend groepe wat trofeejag voorstaan.