Renoster-stropery daal oor onthoring-program

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê ‘n beduidende daling in renosterstropery in Mei en Junie kan toegeskryf word aan ‘n veldtog in KwaZulu-Natal om die diere te onthoring. Landwyd is 21 en 22 renosters in die onderskeie maande gestroop teenoor 42 en 34 verlede jaar. George sê die departement is tans besig om die raadplegingsproses vir die publisering van die hersiene bioverskeidenheidsbestuursplan vir swart- en witrenosters te finaliseer sodat dit in werking gestel kan word.