Ren-Form kontrak nie korrup: Verkiesingskommissie

Die Namibiese Verkiesingskommissie weerlê onomwonde wat hy noem kwaadwillige en ongegronde bewerings oor die toekenning van die stembrief-kontrak aan Ren-Form. Hy stel dit kategories dat daar geen bewyse hoegenaamd is van korrupsie of wangedrag nie. Hy sê die toekenning is gedoen na ‘n deeglike en streng evalueringsproses wat voldoen aan verskrygingswette. Faktore in ag geneem sluit in voldoening aan tegniese vereistes, koste-effektiwiteit, betroubaarheid en die vermoë om streng tydlyne te volg. Die totale koste van die kontrak is  6 259 686 miljoen Namibiese dollar, nie naastenby 1 miljard dollar soos wat beweer word nie. Die kommissie se uitvoerende hoof, Peter Shaama, sê in ‘n verklaring ongegronde beskuldigings wat bedoel is om hulle werk te diskrediteer, sal nie geduld word nie.