Rekordvlakke van metaan in ’23 vrygestel

Globale metaan-uitlatings van fossielbrandstof was verlede jaar naby rekordvlakke, met kommer oor onvoldoende pogings deur regerings en industrieë om die sterk kweekhuisgas in te perk. Volgens die Internasionale Energie-agentskap se metaan-verslag, moet die fossielbrandstofbedryf dringend metaanuitlatings met 75-persent besnoei teen 2030, in ooreenstemming met die Parys-ooreenkoms. Ondanks toenemende momentum en beloftes, is daar steeds nie beduidende uitlatingbesnoeiings nie, wat ‘n risiko is vir klimaatteikens.