Rekord-vrystellings vanjaar verwag
Die Global Carbon Project se verslag waarsku besoedeling deur olie, steenkool en gas, asook vrystellings weens ontbossing, maak klimaatsdoelwitte onhaalbaar. Wêreldwye fossielbrandstof-vrystellings sal na verwagting in 2024 ʼn rekord van 37,4-miljard metrieke ton bereik. Dis 0,8-persent hoër as verlede jaar en kenners beweer dit plaas ʼn demper op hoop dat dit sal afneem. Terwyl vrystellings in Amerika en Europa na verwagting sal afneem, neem dit wêreldwyd en veral in Indië toe.