Rekord-skare by Wembley vir langverwagte Joshua/Dubois-geveg

Boks: Twee Britse swaargewigte, Anthony Joshua en Daniel Dubois, takel mekaar môre in ʼn IBF-kragmeting voor ʼn rekord-skare van 96 000 op die Wembley-stadion in Londen. Dubois het die tussentydse IBF-titel in Junie gewen en sy status is tot wêreldkampioen verhoog nadat Oleksandr Usyk van Oekraïne onttrek het. Joshua bevind hom in die verpligte uitdager-posisie vir die wêreldtitel nadat hy in 2022 ʼn tweede agtereenvolgende nederlaag teen Usyk gely het. Joshua sê hy is nou meer volwasse en reg die uitdaging.