Rekord-groot blou diamant verkoop vir N$804m
Die grootste helder blou diamant wat nog ooit op ʼn veiling gekom het, is vir sowat 804 miljoen Namibiese dollar verkoop. Die peervormige Bleu Royal-diamant van 17,61-karaat, was 50 jaar lank deel van ʼn privaat versameling. Die afslaer, Christie’s, sê slegs drie helder blou diamante van meer as tien karaat is in die afslaer se geskiedenis van 250 jaar verkoop en wel in 2010, 2014 en 2016. Christie’s se hoof van juwele in Genève, Max Fawcett, sê die helder blou diamant is die duurste juweel wat vanjaar wêreldwyd deur enige afslaer verkoop is.